Review : Die Burger - Louw se skilderye spreek kleurtaal

14 Jan 2011

Dit is opvallend hoe relatief min professionele visuele kunstenaars in Suid-Afrika met die tradisionele skildermedium werk. Johann Louw tel onder 'n klein aantal Suid-Afrikaanse visuele kunstenaars wat volhard om vir die skilderkuns 'n relevante plek te beding in 'n kunsera wat oorheers word deur nuutontwikkelde mediums en tegnologie.